Hoe om Jammer te se & Hoe om te Vergewe

Se vandag Jammer, en VERGEET ook met die doel om te VERGEET
Kan n mens jammer se wanneer jy weet gedane sake het nie keer nie en gesproke woorde kan nie teruggetrek word nie? Hou jou woorde sag en soet want jy weet nie waneer jy dit gaan moet sluk nie. Mens kan niks ontdoen of ontsê nie.  Jy kan nie sê ‘ek het dit nie so bedoel nie’ want jy het dit gedink om dit te kan sê dit was in jou gedagtes so jy het daaroor gedink? Of gebeur dit so vinnig dat jy nie eens besef het wat jy gese het nie? Hoe trek jy jou woorde terug??
Almal het foute, ontelbaar baie vir wie een en elkeen moet verantwoordelikheid neem en volle verantwoordelikheid, elkeen van ons gaan moet verduideliking doen ons sy doen en laate, So niemand kan oordeel nie, want met dieselfde oordeel sal jy veroordeel word.
Daar is ook gese moet nie aan ander doen wat jy nie aan jou self gedoen wil he nie. Maar ons as mense doen dit nogsteeds, hoekom? Want ons is sondaers en ons maak voute, en ons is nie volmaak nie.
Hoe sê mens jy is REGTIG jammer, of hoe moet mens dit wys?  Of ‘n kombinasie van die twee? Of moet jy winkel toe gaan n bossie blomme koop of n lekker chocolate?

Nee, jy moet dit net uit jou hart doen en dit bedoel en verantwoordelikheid vat vir jou dade.
Die groot vraag is altyd, Wat as die ander persoon nie bereid is om te luister en om te vergewe nie?
Of niks meer met jou te doen wil he nie?
Of die ergste van alles, muskien more nie meer daar is om dit te hoor en te aanvaar en te vergewe nie? Dit alles klink nou verskriklik maar dit is die werklikheid. Ons moet net besef ,Die lewe is so kort, en dis hoekom ek vandag wil he dat almal wat hier lees ook te kan besef dat Vergeet en Vergewe nie so moeilik is nie, en dat die seerste wonde ook wel gesond raak met tyd. Se vandag “ Ek is regtig jammer, ek wens ek kon maak dat wat gebeur het, nooit gebeur het nie. Dinge wat gese en gedoen is terug getrek kon word.
Ons is nie soos n Rekenaar wat  n “Erase of Delete” knoppie het nie, Ons het Harte met gevoelens en die gawe om te kan vergeet en vergewe, en te leer om aan te beweeg al is dit hoe seer of hoe hard.
Vandag wil ook vir almal Jammer se vir ek leed aangedoen het, Ek weet my mond is glad,en my hart kry vinnig seer! Ek sê dink en doen sonder om daaroor te dink, ek wil seermaak soos ek seerkry. ek weet nie altyd wat om te sê of te doen nie maar wel dat dinge weer dieselfde kon wees, alles het in n oogwink verander, net so en alles was daarmee heen.
As ons in ’n volmaakte wêreld geleef het, sou dit nooit nodig gewees het om mekaar te vergewe nie. Ons sou nooit mekaar om verskoning hoef te gevra het nie. Maar ons wêreld is nie volmaak nie, en ons almal het voute en sondes.
Maar ons is menslik ons maak voute en doen sonde, Ons neem elke dag alles van selfspreekend aan, maar ons besef nie hoe bevooreg ons is om mekaar nog te he nie.
Maar ons is ook geleer om n wag voor ons monde te sit, en te kan weet wat is die verskil tussen reg en verkeurd.
Ek wil vandag ook se, voor jy iets oor iemand uitspreek dink eers vir jouself, wat gan God dink oor die saak? Is dit regtig waar? Is dit mooi? Gaan jy daarvan hou as mense so oor jou praat? En dan sal mens besef.

“Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het” (Ef. 4:32) en “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe” (Kol. 3:13).
Moet nie kwaad met kwaad vergeld nie of belediging met belediging nie, Inteendeel, antwoord in n Seenwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seen van God kan kry. Die vraag is nooit wat mense se nie maar wat God daarvan dink, en wat God daarvan dink is al wat tel.
Wat is Vergifnis? Vergifnis maak jou lewe reg. Moet niks opkrop nie. Dit is goed om te vergewe, dit is goed vir ons gesondheid. Ek het almal vergewe wat my seergemaak het en wil he almal moet my vergewe, en ek doen dit na die voorbeeld van ons Here Jesus wat op die kruis gebid het: “Vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”. Wees versigtig hoe jy jou lewe lei!More is nie belowe nie, lewe vandag asof dit jou laaste sal wees. Vandag is geleende tyd, jou vriende en jou familie is vir jou geleen, God kan enige tyd hulle kom terug vat. Vandag hier en more nie verseker nie. Jy moet elke minuut tot jou beskikking die beste van dit maak.
More is nie vir ons belowe nie. Jy het dalk net vandag om jammer te se, om te vergewe, om n oproep te maak wat jy al lankal wou maak maar nie die moed gehad het nie.Om iets positief te doen en nie te oordeel nie. Uit jou maag uit te lag sonder rede, en net te wees. Jou hande in die lug te gooi en vir die Here dankie te se vir alles wat Hy vir jou gedoen het en steeds elke oomblik doen. Vir al die gawes en seeninge wat Hy oor jou pad gestuur het en steeds die pad saam met jou stap. Ons neem soms als as vanselfsprekend . Waardeer die mense in jou lewe. Wees dankbaar dat die Here jou nog n dag gespaar het en dat Sy genade en liefde altyd oor jou rus. Een ding wat ek vandag besef het is wat ons nooit moet doen nie, is om jou oor die verlede te verknies. Los die verlede waar dit hoort - in die verlede.Jy kan niks meer daaraan doen nie. Dis verby - uit en gedaan! Jy kan wel iets aan jou hede en toekoms doen. Bêre dus maar gerus jou gister; werk liewer aan vandag en hersien jou môre indien nodig.
Baie van ons dink “Maar hoe nou as ek net rustig besig was om te lewe en niemand te pla nie en ek word sonder waarskuwing ‘n ding aangedoen wat ek in my wildste drome nie verwag het nie? Jou ganse spreekwoordelike appelkar het omgeval en die appels van jou hele lewe lê gestrooi oor die aarde. Niks kan ooit weer dieselfde wees nie.
Baie mense wil Kwaad met kwaad vergeld, want met die voel hulle better oor hulle self, of dit is wat ons as mens dink, maar binne gaan dit jou net opvreet en dit gaan net erger raak.
Vergeet en Vergewe eerder, en spaar jouself die Trane en die Seer.
Dit is n lekker gevoel om te vergewe, jy voel sommer goed oor jouself.

Here vandag seen ek elkeen wat hier gelees het en wat voel hulle was verkeurd of hulle voel hulle wil iemand vergewe, met my mond wil ek hulle seen en met my hart wil ek hulle vryspreek. Amen.
“Moet nie Vergeet om te Vergewe nie dit kan te laat wees , Onthou eerder om vandag te Vergewe met die doel om te Vergeet”
(Vandag hier en more nie verseker nie)
Hoop dat hierdie boodskap van my, vandag jou kan help om n keuse te maak, om iemand vandag te kan vergewe om te vergeet.
Vanessa Crous
*Insperasie vir die Siel*

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Ope Brief aan my Seuntjies

JOU MAN HET JOU LIEFDE EN AANDAG NODIG