Ope Brief aan my Seuntjies
Aan my drie wonderlike seuntjies Billy, Michael & Reinhart Crous Dit is moeilik om te glo dat julle 7 jaar gelede nog nie daar was nie, ek was jonk en nog so onseker oor die toekoms. Ek het julle pappa ontmoet, een wonderlike liefdevolle aantreklike jong man, wat my lewe heeltemal kom verander het. Ek is nie n dag spuit dat ek hom ontmoet het nie. Toe ek myself weer kon kry is julle al drie daar en my lewe is wonderlik my lewe is AMAZING, God is goed vir my, hy het julle drie engeltjies aan my toevertrou, ek is elke dag so dankbaar om die vooreg te he om julle Moeder te kan wees. Soms voel dit dat ek julle 'n leeftyd ken en vir ander voel dit of julle net aangekom het. Om 'n seun te hê - waar om te begin? Hoe kan ek ooit vertel wat diep binne le, waar kry ek al die woorde om dit te se? Ek kan net se dankie Liewe Here vir die wonderlike geskenk ooit. Mense het vir my gese dat ek nog te jonk is dat dit anders sou wees, maar voordat julle hier was, het ek hul...